Die afgebeelde tekeninge van skoolskoene kan geklassifiseer word as ekspressionisties. Hulle vertel ons nie net hoe die skoene lyk nie, maar dra ook ’n sterk atmosferiese gevoel oor.
Maak ’n tekening van ’n skoen/e wat emosies en gevoelens uitbeeld. Jy kan dit doen deur krapperige lyne te gebruik om die vorms uit te druk en om sekere aspekte van die skoen/e te oordryf. Dink mooi na oor die agtergrond van die tekening om stemming te skep. Jy mag enige media of kombinasie van media gebruik.
GRAAD 10-TEKENING, BLACK PARKER-INK, JIK EN TEKEN-INK.
GRAAD 10-TEKENING, BITUMEN, WIT AKRIEL EN TEKEN-INK.