Wie was Leonardo da Vinci? Leonardo di ser Piero da Vinci (15 April 1452 – 2 Mei 1519) is gebore as die buite- egtelike seun van ’n notaris, Piero da Vinci, en ’n plattelander, Caterina, by Vinci in die streek van Florence. Leonardo is opgevoed in die ateljee van die beroemde Florentynse skilder, Verrochio. Baie van sy vroeë werkslewe is spandeer in diens van Ludovico il Moro in Milaan. Hy het later gewerk in Rome, Bolognië en Venisië en het sy laaste jare in Frankryk deurgebring, in ’n huis wat aan hom toegeken is deur Francis I. Leonardo was die tipiese universele man van die Renaissance. Hy was nie net ’n skilder nie, maar ook ’n beeldhouer en ’n argitek. Hy het ook anatomie, geologie, wetenskap, wiskunde, militêre wetenskap en ingenieurswese bestudeer. Sy lewe was gekenmerk deur ’n soeke na kennis en hy het min kunswerke voltooi. Sy bekende notaboeke bevat tekeninge, wetenskaplike diagramme, en sy gedagtes oor die aard van skilderkuns. Sy ontleding van kadawers het die begrip van skelet- en spieranatomie oorgedra aan ander geslagte.
LEONARDO DI SER PIERO DA VINCI ’N BLADSY UIT EEN VAN LEONARDO DA VINCI SE NOTABOEKE. HY HET GEWOONLIK “SPIEËLSKRIF” GEBRUIK DEUR AAN DIE REGTERKANT VAN DIE BLADSY TE BEGIN SKRYF EN NA LINKS TE BEWEEG. MISKIEN WAS DIT ’N MANIER OM SY IDEES TE BESKERM SODAT HULLE NIE MAKLIK GELEES KON WORD NIE.
LEONARDO DA VINCI, THE LAST SUPPER, (C. 1495 – 8) FRESKO