WIM BOTHA, COMMUNE: SUSPENSION OF DISBELIEF, 2001. GEKERFDE BYBELS EN BYBELSE TEKSTE, TOESIGTOERUSTING, SKERMS, INSTALLASIE
Wim Botha is ’n kontemporêre Suid-Afrikaanse kunstenaar wat multi-media as medium gebruik. Hierdie beeldhouwerk is ’n groter as lewensgrootte gekruisigde figuur wat van die plafon hang. Die figuur is uit Bybels gekerf, en die rooi kante is op so ’n manier geplaas dat hulle die wonde van Christus (stigmata) word. In hierdie werk word die fisieke vorm en betekenis verbind: Christus, wat die sleutelfiguur in die Bybel is, is uit Bybels gekerf. Hy word uitgebeeld in die gewone kruisingingsposisie en hang aan Sy arms. Die Bybelteks vorm donkerder dele op die wit figuur. Die figuur is binne-in ’n bewakingsomgewing geplaas met CCTV kameras. Die werk het baie gemengde reaksies uitgelok toe dit vir die eerste keer uitgestal is. Party mense was gretig om dit te lees as ’n stelling, om hulle Christelike geloof te versterk.
Maar die kameras skep ’n ander omgewing en dit wys hoe godsdiens onder toesig geplaas word en dikwels gebruik word om volgelinge te oortuig dat irrasionaliteite en verkeerde dade korrek is in die naam van geloof. Dit is ’n komplekse werk wat op baie verskillende maniere geïnterpreteer kan word.