Hierdie beeldhouwerk is uit steen gekerf en is ongeveer 11.5m hoog. Dit is in Oostenryk ontdek en is die eerste bestaande uitbeelding van ’n menslike figuur. Dit bestaan uit sferiese vorms. Die maag, bobene en borste is vergroot en oordryf. Daar is ’n gebrek aan enige karakterisering van die gesig. Die arms is gereduseer tot stroke oor die borste en die voete word nie uitgebeeld nie. Haar kop het ’n patroon wat ’n tipe haarstyl wys. Armbande is op haar arms uitgekerf. Die beeldhouwerk het ’n sterk driedimensionele gevoel. Sy is ’n vrugbaarheidsfiguur wat deur ’n swanger vrou in haar hand gedra is om die geboorte van ’n gesonde baba te verseker as ’n waardevolle nuwe lid van die stam. Identiteit en anatomiese detail is onbelangrik aangesien slegs die dele van die liggaam wat belangrik vir die geboorteproses is, oordryf word.
Waarom staan sy as die ‘Venus van Willendorf’ bekend?
DIE GROTTE IS IN 1940 ONTDEK DEUR TWEE TIENERSEUNS EN ’N HOND, NADAT ’N GRONDVERSKUIWING DIE MOND VAN ’N GROT NET BOKANT DIE DORPIE LAAT OOPGAAN HET. DIE SEUNS WOU DIT VERKEN EN NADAT HULLE DIE MOND VERGROOT HET, HET HULLE INGEKLIM. ’N PAAR METER VERDER IN HET HULLE IN ’N GROOT KAMER GEKOM. TOE HULLE HULLE LANTERNS RONDSKYN, ONTDEK HULLE DAT DIE MURE BEDEK WAS MET VREEMDE SKILDERYE. HULLE WAS NOU IN WAT LATER “SAAL VAN DIE BULLE” GENOEM SOU WORD.
GREAT HALL OF BULLS, LASCAUX, C. 15 000 – 10 000V.C./VHJ