Tempera is ’n ou verſtegniek wat deur die Egiptenare, Grieke en romeine gebruik is. Dit het die primêre medium vir klein skilderye geword tot die ontwikkeling van olieverf tydens die renaissance. tempera se kleurpigmente is verkry van minerale; eiergeel is as ’n bindmiddel gebruik en water is gebruik om die verf vloeibaar te maak. Die oppervlak waarop geverf is, is dikwels voorberei met ’n dun deklaag van pleister of gesso.
Hierdie medium is liniêr van aard – dit kom gewoonlik netjies binne-in die vorms voor en het ’n dowwe afwerking. Kwashale kan nie saammeng nie omdat tempera te vinnig droog word, maar vorms kan gemodelleer word deur ’n reeks fyn verfhale te maak. ’n Belangrike deel van tempera- panele is die versiering van agtergronde, strale- kranse en die detail op draperings met goudblad tot die middel van die 15de eeu.
CIMABUE, MADONNA ENTHRONED WITH ANGELS AND PROPHETS (DETAIL), C. 1280 – 90. TEMPERA OP HOUT.
FRESKO
Die fresko-tegniek is deur die antieke Mediterreense samelewings ontwikkel en is deur die italiaanse renaissance-skilders verfyn. ’n freso is ’n skildery wat gemaak word deur pigmente met water te meng en dit op ’n muur te verf terwyl die pleister nog nat is. Die pigment word deur die nat pleister geabsorbeer. na ’n paar uur word die pleister droog en reageer met die lug: hierdie chemiese reaksie heg die pigmentdeeltjies in die pleister aan mekaar. ’n Freso secco word op droë pleister geverf en is minder duursaam as ’n ware fresko, of buon fresco.
Die reeks kleure vir fresko’s was beperk en hulle is gewoonlik in ligte of gedempte kleure geskep. Hulle het ’n krytagtige voorkoms. Groot klem word op die tekening wat ingekleur word, geplaas.
PIERO DELLA FRANCESCA, ANNUNCIATION (DETAIL), C. 1455, FRESKO.