T Taktiel: die ervaring van aanraking; kan werklik of visueel wees
Tapisserie: vorm van tekstielontwerp; met die hand op ’n vertikale weefstoel geweef; alle skeringdrade is in die voltooide werk weggesteek (geen los drade aan die agterkant van ’n mat nie)
Tasbaar: fisiese manifestering of realisering van ’n idee of konsep, werklik, kan aangeraak word
Tatoes: ’n permanente merk wat op die vel gemaak word deur ink in die vel se lae in te plaas
Teen-reformasie: die hervorming en herstelling van die Rooms- katolieke kerk in reaksie op die Hervorming(Reformasie)
Tegniek: verwys nie na die medium nie, maar na hoe dit gedoen is. As jy byvoorbeeld na ’n skildery kyk, sal die tegniek verwys na hoe die medium gebruik is. Is die kwashale ingewerk en onsigbaar of kan dit duidelik gesien word? Is dit glad, gestippel of impasto?
Tekstuur: visueel (tekstuurkwaliteit wat deur sig waargeneem word) of tasbaar (tekstuur wat deur aanraking ervaar word); die tekstuur van sy sal anders voel en lyk as die tekstuur van fluweel
Terracotta: ’n harde bruinrooi, gewoonlik ongeglasuurde klei wat vir erdewerk of beelde gebruik word
Terreinspesifiek: om ’n stuk werk vir ’n spesifieke ruimte/ligging/area te ontwerp
Tint van kleur: ligter waarde van dieselfde kleur; die kleur en wit
Tonale waarde: verwys na die graad van lig en donker in ’n gegewe kunswerk
Toon van ’n kleur: ’n spesifieke waarde van dieselfde kleur, kleur donkerder gemaak deur grys (swart en wit) by te voeg
Trompe L’oeil: wanneer ’n beeld of voorwerp op so ‘n wyse op ’n oppervlak geverf is dat dit die illusie skep dat die kyker glo dat dit die werklike beeld of voorwerp is
Tweedimensioneel: werk/ontwerp wat op ’n plat oppervlak geskep is Tweekleurig: twee verskillende waardes van dieselfde kleur
Tweepuntperspektief: om 3D-voorwerpe op ’n 2D-oppervlak te toon deur lyntekeninge te gebruik waar dit lyk asof die lyne van die kyker wegbeweeg en by twee fokuspunte/verdwynpunte bymekaarkom; skep ’n illusie van ruimte, diepte en volume