Kuns wat nie herkenbare tonele of voorwerpe uitbeeld nie. Vorms, lyne, kleure, ens. bestaan sonder enige verwysing na die werklikheid, maar het estetiese waarde. Die kunswerk word ‘gelees’ in terme van lyne, vorm, kleure. Ook bekend as nie-verteenwoordigende of nie- objektiewe kuns.
EKSPRESSIONISME
Kunsstyl waar die klem geplaas word op die kunstenaar se uitdrukking van emosies en gevoelens. Eienskappe sluit verwringing en oordrywing in.
VASSILY KANDINSKY, COMPOSITION V, 1911. OLIE OP DOEK.
EDVARD MUNCH, THE SCREAM, 1899. OLIE OP DOEK.
HENRI MATISSE, INTERIOR WITH EGGPLANTS, 1911. OLIE OP DOEK.
GESTILEER
Dit verwys na die verwringing van verteenwoordigende beelde in ooreenstemming met sekere artistieke konvensies of om sekere ontwerpkwaliteite te beklemtoon. Dit verwys ook na ’n kunstenaar wat standaard- karakteriserings gebruik om ’n voorwerp uit te beeld. Slegs die algemene vorm word gewys, maar die detail word geïgnoreer. Gestroop tot basiese herkenbare eienskappe.
CECIL SKOTNES, HEAD, 1972. GEGRAVEERDE EN GEKLEURDE HOUTPANEEL. . DEKORATIEF
Kunswerke waarin patroon en versiering beklemtoon word.
Die bostaande voorbeelde is sommige van die hoof kunsstyle wat deur baie kunstenaars, bewegings en samelewings gebruik word. Ons kan ‘styl’ verder definieer as die identifiserende kenmerke van ’n individu, ’n groep kunstenaars (bewegings), ’n periode-styl of die eienskappe van ’n hele samelewing. Soos jy vorder met jou Visuele Kunste-studies, sal dit makliker word om style in kuns te definieer.