’n Tipe totempaal wat nie dikwels genoem word nie, is die Skandepaal wat dikwels opgerig is om ’n individu of ’n groep wat nie hulle skuld betaal het nie in die skande te steek. In moderne tye is die Seward-paal in Alaska gemaak om die Amerikaanse sekretaris in die skande te steek omdat die regering nie hulle skuld teruggetaal het aan die Tlingit-mense nie.
Totempale is op ’n tradisonele manier opgerig. ’n Groot houtstellasie is gebou en dan het baie sterk mans die paal tot op sy stellasie en in die stellasie- holte gedruk voor dit beveilig is. Die kerwer het gewoonlik ’n feestelike dans uitgevoer terwyl hy die gereedskap wat hy gebruik het ten toon gestel het. Die totempaal sal met tyd aſteruitgaan en hulle is nie onderhou nie omdat hulle beskou is as deel van die natuurlike proses. Daarom is dit baie selde om ’n totempaal te sien wat ’n honderd jaar behoue gebly het.