vet vroue uitgebeeld het” – Suster Wendy Beckett, The story of Painting, p. 190.
“Rubens is ongelukkig in die sin dat vandag se houding teenoor vet mense in direkte teenstand is met dié van die 17de eeuse Vlaminge. Hulle was mal oor ’n gesette vrou, en meeste van Rubens se uitstekende naakskilderye is te ‘groot’ vir ons smaak. Maar hy is beslis meer as net ’n kunstenaar wat mooi en
Rubens was ’n baie gelukkige kunstenaar, hy was aantreklik, goed opgevoed, verstandig en ryk. Hy was ook ’n diplomaat en is erken deur die gekroonde leiers van europa as een van die voorste en mees invloedryke kunstenaars van alle tye. Die tema is die
daad van liefde waarin die twee gode, Castor en Pollux twee meisies ontvoer. Rubens het ’n voorkeur gehad
vir sulke temas omdat dit hom die
geleentheid gegee het om beweging en intense gedraaide figure uit te beeld.
Dit is ’n baie dramaties werk; die doek is gevul met bewegende figure met oordrewe houdings – perde wat steier asook aksiegevulde figure. Die dramatiese word beklemtoon deur kontraste – diagonale lyne wat kruis, harde en sagte teksture (die syagtige hare van die vroue teen die growwe teksture van die perde), en die sagte veltone van die vroue teen die gespierde, songebrande mans, een in ’n harnas.
CARAVAGGIO,
THE CONVERSION OF SAUL, 1601. OLIE OP DOEK
8.1 Voltooi in jou V.K.S.-werkboek.
Plak fotokopieë van hierdie twee skilderye in jou Visuele Studies-werkboek.
• Skryf die onderwerp langsaan elkeen neer. • gebruik ’n kleurpen en dui die basiese komposisie-uitleg (vorms) bo-op die skilderye aan. wys fokus punte uit.
• Die volgende woorde word dikwels in verwysing na Barokkuns gebruik. gebruik pyle en dui hulle in hierdie skilderye aan: chiaroscuro, skilderagtig, kleur, beweging, rusteloos, emosie, dramaties.
• Verduidelik waarom hierdie werke ’n meer lewensgetroue naturalisme is.
Jy kan hierdie inligting gebruik om ’n analise van elke skildery neer te skryf.
PETER PAUL RUBENS, DESCENT FROM THE CROSS (MIDDLE PANEL), 1608 -1612. OLIE OP PANEEL .
VISUELE KUNSTE 2011
Die gode het nie ’n probleem om die meisies op te lig nie. Rubens het hulle gewig suksesvol verminder deur hulle sagte velkleure en pêrelagtige voorkomste. Deur dun verglansel te gebruik, het hy ’n gloeiende deurskynendheid in sy figure bereik. Hy het dit só suksesvol gedoen dat hy gevra is of hy verf met bloed gemeng het. Die spirale komposisie maak hierdie werk meer dramaties. Die lae horison plaas al die aandag op die figure. Die werk bestaan uit soliede massas in spasie, eerder as tweedimensionele figure met buitelyne