Die funksie van Rotskuns word baie nou verbind met die lewenstyl en oortuigings van hierdie mense. Kenners beskou dit nie as bloot versierings nie. Hierdie jagters het respek gehad vir hulle prooi en in sekere skilderye wil dit voorkom of hulle hulself gedeeltelik in diere verander het en selfs die bloed van diere, soos die eland, in hulle verf gebruik het, om mag aan hulle beelde te gee.
’N VOORBEELD VAN ’N ROTSKUNSSKILDERY WAT DIE “BLOEDLYN”- VERBINDING BY FULTON’S ROCK IN DIE DRAKENSBERG UITBEELD.
Daar word ook geglo dat die sjamaan rituele sou opvoer en dat hy in ’n beswyming voor die skilderye sou ingaan om ’n suksesvolle jag te verseker, om reën te roep of om genesing te fasiliteer. Die staat van beswyming is verkry deur musiek, ritmiese dansery en ook deur soms narkotiese plante te eet. Die sjamaan het die geestelike wêreld ter wille van die mense binnegegaan. In sekere beskuttings, is daar merke of pyle naby die dier wat aandui dat hulle die jag nageboots het. In ander skilderye lyk dit of daar “bloedlyne” is wat die diere en die mans verbind.
WOORDELYS
DIE SJAMAAN is ’n godsdienstige wie se hooſtake in die stam heling en voorspelling is. Hy is die skakel met die geestelike wêreld.
’N ILLUSTRASIE VAN ’N BESWYMINGSDANS VAN DIE OORD- OOSTELIKE KAAP.
In die voorbeeld van ’n beswymingsdans word die figure in kamoeflasie uitgebeeld met dierekoppe en dierevelle. Merke soos druppels simboliseer moontlik die sweet van ’n danser en die bloed van die neus van iemand se neus wat bloei, soos ’n sjamaan in ’n beswyming. Energielyne verbind mens en dier. Twee stokke word ook gebruik om aan te dui dat ’n dier met vier bene naderkom. Dit kon ’n tegniek wees wat gedurende ’n jagtog gebruik is of kan die transformasie tussen mens en dier weerspieël.