Hierdie bladsy van Koningin Maria se Psalmboek heet Christus in die Tempel: ’n Smouserypartytjie. Hierdie manuskrip is ’n versameling van 223 tekeninge wat die Ou Testament uitbeeld en verskeie volledig ingekleurde miniatuurskilderye wat tonele van die Nuwe Testament uitbeeld. Dit word gekombineer met klein, ronde tonele aan die onderkant van die bladsye. Op hierdie bladsy praat Christus met geleerde mans. Hy word in die middel van die komposisie uitgebeeld en is baie jonger en kleiner as die bebaarde skrywers of dokters. Christus sit op ’n spesiale hoë stoel en soos gesien kan word deur sy gebare, verduidelik hy iets aan sy gehoor wat almal aandagtig luister; hulle oë kyk in sy rigting en hulle beduie met oop hande in vervoering oor wat hy sê. Agter Christus is Maria en Josef, sy ouers, wat ook lyk of hulle die gebeurtenis wat voor hulle afspeel, bespreek. Die storie uit die Bybel vertel ons dat Christus twaalf jaar oud was toe Hy hierdie bespreking met geleerde mans in die tempel gehad het; en daarom is daar die verskil in grootte tussen Christus en die volwassenes. Daar is geen poging deur die kunstenaar aangewend om die werklike afstand tussen die individuele figure, die omringende argitektuur of die agtergrond uit te beeld nie.
Die figure is naturalisties geskilder, maar ’n bepaalde formule is gebruik om die verskillende soorte mense uit te beeld. Christus en Maria het stralekranse om hulle goddellikheid te beklemtoon. Die dekoratiewe aspekte van die argitektuur word gebruik om die toneel te omraam terwyl ses figure wat omraam is deur geboë niste, waarskynlik geleerde mans, van die kante af kyk.
Aan die onderkant van die bladsy is ’n toneel wat die kunstenaar se werklike vermoë vir naturalisties verteenwoordiging wys. ’n Smouserypartytjie beeld iets van die alledaagse lewe van sekere mense tydens daardie tyd uit. Die figure wys dat die kunstenaar mense waargeneem het wat op perde gery het of gehardloop het en valke gevlieg het. Skilderkuns ná die Gotiese era sou binnekort die sin van driedimensionele ruimte wys soos gesien in die oorvleuelende figure in hierdie tekening.