Inheemse mense van Australië verwys na die oorspronklike mense wat in Australië gewoon het. Alhoewel baie van hierdie mense nog na hulself verwys as ‘Inboorlinge’ (aboriginals), hou baie van hulle nie van die term nie. Nog ´n term wat gebruik word, is dié van Torres-seestraat Eilandbewoner.
Oor die Stille Oseaan en na die suide lê Australië. Daar word geglo dat migrasies vanaf Asië deur die eilande Australië ongeveer 40 000 jaar gelede bevolk het.
Alle inheemse Australiërs is verwant aan die simbole en rituele van hulle voorvaders wat hulle nie as dood beskou het nie, maar eerder in ’n wakende rusperiode. Die voorvaders kon in enige natuurlike vorm teenwoordig wees. Lasterlike gedrag of minagting van antieke gebruike of die gereg kon die bonatuurlike wesens kwaad maak en lei tot dood of vernietiging. Daar is geglo dat seremonies wat kreatiewe prosesse, monotone gesange, danse en die skep van kuns ingesluit het, gevul was met bonatuurlike magte.
Gevolglik het die Inboorling-mense ’n lang, artistieke tradisie. Hulle simbole, of dit gebruik is op ’n liggaam, artefakte of op die grond, het die mag om die kunswerk te verander in iets met godsdienstige betekenis en mag. Hulle kunsaktiwiteite word beskou as ’n heruitbeelding van die Droomtyd, ’n stel rituele gebruike wat konstant die inheemse wêreld herskep en onderhou deur die Inboorlingskeppingsmites wat ‘om te droom’ genoem word. Hierdie gebruik verwyder verskille tussen die verlede, die teenwoordigheid en die toekoms.
VISUELE KUNSTE 2011
ULURU, AUSTRALIË HIERDIE IS DIE GROOTSTE VRYSTAANDE ROTS IN DIE WÊRELD. DIT IS EEN VAN DIE HEILIGSTE TERREINE VIR AUSTRALIESE INBOORLINGE.