Jy het nou vier kunswerke met ’n soortgelyke tema bestudeer. Die volgende stap is om hierdie werke te vergelyk – deur ooreenkomste en verskille aan te dui. Kies enige van die bostaande voorbeelde en vul die volgende tabel in – jy hoef nie vol sinne te gebruik nie. Hierdie is net ’n gids om struktuur aan jou antwoorde te gee.
KUNSTENAAR TITEL MEDIA
BESKRYWING FORMELE KUNS-ELEMENTE KOMPOSISIE STYL EN TEGNIEK KONTEKS
BOODSKAP EN BETEKENIS
Gebruik die inligting en skryf ’n opstel waarin jy die twee kunswerke vergelyk. Onthou om vol sinne te gebruik en integreer die inligting wat uit die twee kunswerke spruit.