Die groep standbeelde aan die westelike vooraansig word beskryf as ’n kulminasie van Romaanse en Gotiese kuns omdat dit steeds die verlengde verwringing in die menslike figure uitbeeld. Die beeldhouwerke is nie so beskeie soos die Romaanse beeldhouwerk nie. Dit is meer naturalisties aangesien die gesigsuitdrukkings en houdings van die mense wat verteenwoordig word sagter voorkom en ook minder gestileer is. Dit is steeds geïntegreer met die argitekturele omgewing. Die beeldhouwerke beklemtoon die intellektuele benadering tot spirituele werklikheid gedurende die Gotiese periode in teenstelling met die meer emosionele benadering van die Romaanse periode. Die beeldhouwerke van die westelike vooraansig word die Koninklike portaal genoem en beeld die Laaste Oordeel uit. In die sentrale gewelfveld, omring ’n amandelvormige stralekrans vir Christus – en die vier diere is simbolies van die Evangeliste wat rondom Hom is. Hierdie uitbeelding van Christus wys Sy heilige en menslike natuur terwyl Hy Sy regterhand oplig om die seën te gee en die Boek van die Lewe in sy linkerhand vashou. Die vier-en-twintig ouderlinge van die Apokalips en engele word in die boogstene verteenwoordig. Die gewelveld aan die regterkant is die Maagd-portaal wat die begin van Christus se lewe op aarde uitbeeld; terwyl die gewelveld aan die regterkant Christus se laaste dae op aarde en Sy hemelvaart uitbeeld.
DIE LINKERKANTSTE GEWELVELD VAN DIE WESTELIKE VOORAANSIG - DIE HEMELVAART
DIE SENTRALE GEWELVELD VAN DIE WESTELIKE VOORAANSIG - DIE TWEEDE KOMS
DIE REGTERKANTSTE GEWELVELD VAN DIE WESTELIKE VOORAANSIG - DIE MAAGD MARIA EN KIND TOT DIE TROON VERHEF
Die kuns van die Bisantiese tyd het Europa nog tydens die laat Middeleeue beïnvloed, soos gesien in die gestileerde patroon- uitbeeldings van mense in skilderye en beeldhouwerke. Die oorwegende funksie van alle kuns was om in diens van Christenskap te wees, wat alle aspekte van die lewe regeer het. Skilder in al sy verskillende vorms – fresko’s, geïllumineerde manuskripte of altaarstukke het hoofsaaklik gefokus op die inhoud van die werk as deel van die spirituele groei en opvoeding van die gelowiges. Dit was eers later dat die verteenwoordiging van die natuurlike wêreld belangriker geword het as deel van die opvoedkundige funksie van kuns.
WOORDELYS
IKONOGRAFIE verwys na die onderwerpe en simbolisme van ’n kunswerk.