DIE SARKOFAAG VAN JUNIUS BASSUS Daar is nie voorbeelde van monumentale historiese beelde uit hierdie tyd nie. Dit is waarskynlik weens die veranderinge in keisers en ’n tekort aan verdienstelike onderwerpe om aan te teken of te vereer. Die skepping van die sarkofae was belangrik vir Christene omdat dit die tradisie van kerfwerk weer laat posvat het. Die marmer- sarkofaag van Junius Bassus, ’n prefek van die stad van Rome wat in 359 gesterf het, is ’n voorbeeld van kerfwerk wat uitgebrei en naturalisties in die klassieke sin is. Soveel inligting as moontlik word in ’n klein ruimte uitgedruk, maar die tonele wat in twee registers uitgedruk word, volg nie ’n narratiewe volgorde nie. Die tonele wat verdeel word deur Korintiese suile wat spiraal-geriffel is of met wingerd aangepak is,
is gerangskik volgens die verwante
temas. Die geheeltema van die sarkofaag is soortgelyk aan ander Vroeë Christelike kunswerke deurdat dit verwys na Christus se oorwinning oor die dood, asook dat die mens die dood deur Christus sal oorwin.
Christus word in die middel van die boonste register en onderaan uitgebeeld, maar is die eintlik anders as die res van die figure. In die boonste register sit St Petrus en St Paulus langs hom op die troon, wat ’n manier is om Sy posisie van gesag uit te beeld. Sy een voet is sigbaar en rus op ’n baldakyn wat ondersteun word deur die god van lug, Coelus, om die idee te beklemtoon dat Hy na die hemel opgevaar het. Soos in die boonste register, word Christus uitgebeeld as n baardlose jong man. Hier word Sy triomf op aarde uitgebeeld terwyl hy op die rug van ’n donkie op Palmsondag Jerusalem binnery.
Ander tonele in die boonste register: ver links is die opoffering van Isak, Petrus wat gevange geneem word; dan links van dit word Christus tot die troon verhef, en Christus verskyn voor Pilates – wat in twee kompartemente uitgebeeld word. In die onderste register is Job op ’n mishoop, die versoeking van Adam en Eva, en dan langsaan Christus se reis in Jerusalem in, verskyn Daniël in die leeukuil en word Paulus weggelei na martelaarskap. Die vreesloosheid van Petrus en Paulus voor hulle gevangenenemers en ook die geweldige lyding van Job, Isak en Daniël beeld Christus se lyding, dood en oorwinning simbolies uit terwyl die oorsprong van die dood uitgedruk word deur die teenwoordigheid van Adam en Eva. Ten spyte van die intensiteit van die narratiewe in sekere tonele, het al die figure dieselfde kalm voorkoms. Die plasing van die tonele binne in nisse in kombinasie met die oordadige rame wat uit pilare, pedimente en entablemente bestaan, bevestig die idee dat hierdie tonele as simbole funksioneer wat Christus se oorwinning oor lyding uitbeeld.
VISUELE KUNSTE 2011
DIE SARKOFAAG VAN JUNIUS BASSUS, ROME, 359 V.C.
’N NADERE BLIK OP DIE SENTRALE TONEEL VAN DIE BOONSTE RY WAT CHRISTUS UITBEELD OP DIE TROON TUSSEN ST PETRUS EN ST PAULUS.
’N NADERE BLIK VAN DIE SENTRALE AANSIG IN DIE ONDERSTE RY –
JESUS WAT JERUSALEM BINNEGAAN. WOORDELYS
’N SARKOFAAG is ’n kis van klip, voorsien van inskriſte en versier met beeldhouwerk.