Soos die Hollandse setlaars meer in die binneland begin boer het, het die khoi die Hollanders geleidelik meer en meer as stropers begin beskou op die land waarop die khoi gevestig was en gewoon het vir meer as 30 000 jaar. na jare van toenemende eise, het die khoimense in 1659 gewelddadig reageer, maar teen daardie tyd was die Hollandse nedersetting sterk en kon hulle maklik die opstand beheer, wat die khoi verder na die binneland toe forseer het.
WOORDELYS
MUSE – Daar was nege muses en hulle is deur die Antieke grieke beskou as godinne van inspirasie in die kunste en wetenskappe. Die woord ‘muse’ word dikwels deur kreatiewe mense gebruik as ’n sinoniem vir inspirasie.
8.2 Voltooi in jou VKS-werkboek.
Jan Vermeer beeld in The Artist’s Studio ’n kunstenaar uit wat in sy ateljee ’n meisie skilder, wat gewoonlik Clio simboliseer, die muse van geskiedenis. Hierdie skildery staan ook bekend as die Allegorie van Skilder of die kuns van Skilder. Die Suid-Afrikaanse skilder, Helmut Starcke, het ’n pastiche van Vermeer se skildery gemaak en het die betekenis van hierdie werk verander om kommentaar te lewer op Suid-Afrikaanse geskiedenis..
BeAntwooRD DIe VolgenDe VRAe In Jou weRkBoek:
• Beskryf die toneel in Vermeer se skildery. noem van die voorwerpe wat jy in hierdie skildery sien.
• Bespreek die komposisie, perspektief en lig in Vermeer se skildery.
• waarom dink jy het Starcke Vermeer se skildery gebruik om op Suid-Afrikaanse geskiedenis kommentaar te lewer?
• watter figuur vervang Clio in Starcke se weergawe? Hoe is so ’n figuur destyds deur europeërs beskou?
• wat dink jy is die betekenis van Starcke se skildery met verwysing na die koloniale periode in Suid- Afrika? wat is die betekenis vir ons tyd?
JAN VERMEER, THE ARTIST’S STUDIO, C. 1665 – 1666. OLIE OP DOEK
HELMUT STARCKE, CLIO, THE MUSE OF HISTORY, 2001. AKRIEL OP DOEK
PASTICHE – Dit is ’n kunswerk wat die styl van ’n ander kunstenaar en/ of kunswerk naboots deur motiewe te leen en te herrangskik. Dit is soms gebruik met oneerlike intensies.
HET JY GEWEET? DAAR IS ’N HEELWAT INTERESSANTE STORIES OOR DIE EIENAARSKAP VAN KUNSWERKE. HIERDIE VERMEER- SKILDERY HET AAN VERSKEIE MENSE BEHOORT, MAAR WAS UITEINDELIK DIE EIENDOM VAN ’N WELGESTELDE OOSTENRYKSE FAMILIE. ADOLF HITLER, DIE NAZI FÜHRER, HET DIE WERK GEKONFISKEER EN DIT IN SY PRIVAATKAMER BY BERCHTESGARDEN GEHANG. VANDAG IS DIT IN ’N MUSEUM IN WENEN, OOSTENRYK.