133 HIERDIE TWEE FIGURE IS GROTER AS DIE RES VAN DIE STANDBEELDJIES
WAT PARTY VAKKUNDIGES LAAT GLO DAT HULLE UITBEELDING VAN GODE IS, MAAR DIE TEORIE KAN NIE AS ’N FEIT BEVESTIG WORD NIE.
Daar is nie ’n fisieke onderskeid tussen mans en vroue nie. Die verskil tussen die geslagte is sigbaar deur hulle klere. Die mans is kaalbolyf en hulle dra rompe met lang fraiings; terwyl die vroue ’n groter drapering dra wat gewoonlik hulle linkerskouers bedek. Die blootgestelde dele van hulle liggame bevat nie baie realistiese detail nie. Die figure se groot, uitpeuloë laat dit lyk of hulle ten volle konsentreer op die god wat hulle aanbid. Die holtes van die oë is met wit skulpe uitgelê en lapis lazuli of swart lymsteen is gebruik vir die pupille.
Die opvallendheid en kleur van die oë trek die aandag en laat die figure lewendig lyk. Die groter figure het ook groter oë as die ander beelde. Die hare en baarde is gestileer en daar is tekens dat dit met bitumenverf bedek is. Meeste van die figure het bo hulle oë ’n lyn wat ’n aaneenlopende wenkbrrou vorm – wat heel waarskynlik met bitumen gevul is om dit te beklemtoon.
WOORDELYS
GIPS is ’n baie sagte mineraal wat teenwoordig is in albaster, ’n dekoratiewe steen wat in Egipte en Mesopotamië gebruik is