In 1808, het Franse troepe, onder leiding van napoleon, Spanje binnegeval. napoleon het sy broer op die Spaanse troon geplaas. Op 2 Mei 1808, het die inwoners van Madrid die Franse soldate aangeval. Uit vergelding en as magsvertoon, het die Franse die volgende dag gereageer deur baie Spaanse burgerlikes tereg te stel: rebelle en onskuldige mense. Volgens sy tuinier, het Goya gedurende die nag buite toe gegaan om na die lyke in die straat te gaan kyk. Hierdie skildery is ses jaar later geskilder toe die Spaanse koning tot mag herstel is. Dit is waarskynlik een van die beste voorbeelde van kuns wat as sosiale protes beskou kan word.
• Hoe word die franse soldate uitgebeeld? Hoe voel jy oor hulle?
• Hoe word die Spaanse mense uitgebeeld? Hoe voel jy oor hulle?
• noem vier redes waarom die man in die wit hemp die belangrikste figuur in die skildery is.
• Beskryf jou emosies wanneer jy na die werk kyk. • wat is die boodskap van hierdie skildery vir ons vandag?
1.6
Voltooi in jou VKS-werkboek.
Gebruik die inligting vanuit jou antwoorde en skryf ’n paragraaf oor hierdie werk in jou VKS-werkboek.
BESprEEk DiE VolGEnDE in DiE klAS En mAAk AAntEkEninGE:
• wat is jou eerste reaksie op die werk? Hou jy daarvan of nie? Gee ’n rede vir jou opinie.