Die Pantheon is ’n bewys van die ingenieursvaardighede van die Romeine. Hierdie goedbewaarde tempel is gebou in opdrag van keiser Hadrian. Dit is opgerig op ’n plek waar daar vroeër ook ’n tempel was en soos die Pantheon, is dit ook aan al die gode opgedra. Vooraan die tempel is die tradisionele reghoekige voorportaal met pilare en ’n lang middelblok. Die sestien pilare is gemaak van rooi en swart Egiptiese graniet en die voetstukke en kapitele is van wit Griekse marmer. ’n Arend het oorspronklik die voorste kroonlys versier. Die middelblok en die rotunda is gebou van baksteenbeton wat in marmer afgewerk is.
Die rotunda (hoofrondesaal) is ’n simbool van wiskundige harmonie en was slegs moontlik om op te rig omdat konkreet/ beton wat stadig drooggeword het, beskikbaar was. Die rotunda is ’n kombinasie van ’n sirkel, ’n silinder en ’n bol (sfeer). Die silindriese basis is ’n sirkel wat 44m in deursnee is en die hoogte van die hele struktuur is ook 44m. Die silindriese basis se hoogte is ook die hoogte van sy eie radius van 22m. Die koepel is ’n presiese halfrond wat beteken dat ’n hele bol (sfeer) in die binnekant sal pas. Alhoewel die binnekant uit geometriese vorms bestaan, kry ’n mens die gevoel van spasie en ’n groot ruimte as jy binnegaan.
DIE PANTHEON, GEBOU IN 126 N.C.DEUR HADRIAN, HET DIE WÊRELD SE GROOTSTE ONVERSTERKTE KOEPEL. “PANTHEON” BETEKEN “AAN ELKE GOD” IN LATIN EN GRIEKS. DIE INSKRIPSIE AAN DIE VOORKANT LEES: M.AGRIPPA.LF.COS TÊRTIUM.FECIT. DIT BETEKEN “MARCUS AGRIPPA, SEUN VAN LUCIUS, WAT DRIE KEER
KONSUL WAS, HET DIT GEBOU.” HADRIAN HET DIE KREDIET VAN DIE GEBOU AAN AGRIPPA GEGEE WAT DIE OORSPRONKLIKE GEBOU IN 27 V.C. GEBOU HET