teen die einde van die 17de eeu was die Barokstyl aan die agteruitgaan net soos Italië self, die hoofondersteuner van hierdie kunsstyl. Frankryk was die ’nuwe’ europese dryfkrag. Frankryk het ’n dominante nasie in europa geword onder konings lodewyk XII en lodewyk XIV. onmiddellik na die dood van lodewyk XIV in Frankryk in 1715, was daar ’n reaksie van verligting teen die buitensporige prag en praal van Versailles en sy gereguleerde hoflewe. een van die gevolge was om die middelpunt van die Franse lewe oor te dra na Parys toe en om nuwe dorpshuise, bekend as hotels, te bou. Hulle was kleiner en gemakliker as die Barokpaleise.
’n nuwe en kontrasterende styl van dekoratiewe kuns was besig om te ontwikkel. Hierdie lighartige styl het gou argitektuur, alle vorms van binnenshuiseversiering, meubels, skilderye, beeldhouwerke en porseleinontwerpe omvat. Dit bestaan hoofsaaklik in die gebruik van C-vorms en kurwes. Vorms is gebaseer op die arabesk, skulpe, oorddadige kurwes en assimetrie. As ’n versieringstyl het dit vinnig na ander europese lande toe versprei, veral Duitsland en oostenryk, om ’n styl van groot kwistigheid en oordadigheid te skep. Daar word ook na Rococo verwys as laat-Barok. Rococo is uit hierdie nuwe era van denke gemanifesteer waartydens die samelewing die formaliteite van die vroeër jare agtergelaat het en begin het om persoonlike plesier en geluk na te streef.
Rococo – Die woord is afkomstig van die Franse woord, rocaille, wat die speelvolle versiering van grottos met ongelyke skulpe en stene beteken. Die term is neerhalend in die 19de eeu gebruik en Rococo-kuns is beskou as oppervlakkig en ligsinnig; nie as ernstige kuns uit die verlede nie.
’N TIPIESE ROCOCO-INTERIEUR FRANCOIS DE CUVILLES, HALL OF MIRRORS,VROEË 18DE EEU, MÜNCHEN, DUITSLAND