Biomorfies: met fatsoene en vorms in die natuur verbind; sien ook die term organies
Borduurwerk: naaldwerkontwerpe met verhewe drade, met die hand of ’n masjien op ’n 2D- of 3D-oppervlak geskep; borduurwerk voeg gewoonlik versiering op ’n oppervlak by
C
Chiaroscuro: die balans van lig en donker in ’n prent, en die vaardigheid wat deur die skilder getoon word met die hantering van skaduwees. Sterk verligte figure of voorwerpe kontrasteer dramaties met ’n donker agtergrond
Christendom: van die antieke griekse woord khristos, Christus, letterlik “die gesalfde”; is ’n monoteïstiese geloof – glo in een god – gegrond op die lewe en leringe van Jesus. Christendom leer dat Jesus die seun van god is – god wat deur Hom mens geword het en die redder van die mensdom is
Chronologiese volgorde: die werklike volgorde volgens die tyd
Circa: word gebruik saam met ’n datum soos by c. 1270. Dit beteken ongeveer
Collage: beelde, patrone en teksture wat op ’n ander oppervlak geplak word D Dekoratief: kunswerke waar patroon en versiering beklemtoon word
Diagonale lyne: lyne wat van die onderste linkerkantste hoek tot by die boonste regterkantste hoek loop en omgekeerd
Digitale ontwerp/media: drukwerk, televisie, film en video, internet, animasie, webontwerp
Dimensies: enige soort meting (hoogte, wydte, lengte, dikte, ens); kan na ruimte en tyd verwys. Die dimensies van ’n voorwerp kan tweedimensioneel (plat of die illusie dat dit plat is) of driedimensioneel (’n mens kan daar rondom beweeg of die illusie dat dit kan gebeur) wees
Distorsie: wanneer die oorspronklike vorm van ’n voorwerp of idee gewysig word, byvoorbeeld vergroot word
Dominansie: wanneer een voorwerp ’n ander een in ’n kunswerk oorheers; groot teenoor klein, helder teenoor dof, getekstureerd teenoor eenvoudig