76 Vergelyk die Rotskuns in Frankryk met die van Suidelike Afrika
LASCAUX-GROTTE, FRANKRYK
ELANDE WAT GEJAG WORD, OOS-KAAP
MATERIALE EN TEGNIEKE
Rotskuns bestaan hoofsaaklik uit twee tegnieke, naamlik Rotsgraverings wat bekend staan as Petrogliewe en Rotskuns wat Piktograwe genoem word. Baie kenners het die rotsskilderye bestudeer en het eksperiemente met natuurlike materiale gedoen om vas te stel hoe die verf gemaak en aangewend is. Die konsensus is dat pigment (kleur) vanaf klei, rotse, plante, steenkool en guano (wit voëlmis) met bloed, dierevet en ander vloeistowwe op verskillende maniere gemeng is. In voorbeelde wat in die Sederberge in die Kaap ontdek is, het die vet die verf so goed beskerm dat die rots rondom die beeld verweer het. Dit wil voorkom of die verf op verskillende maniere aangewend is:
• ’n Klein takkie is platgemaak.
• Dierehare is aan ’n stokkie vasgemaak (hare kom in die verf voor).
• Vingers word in die warm verf- en vetmengsel gedoop.
• ’n Hol been of riet stel opgesuigde verf vry soos die vinger opgelig word.