Baie van die kunswerke wat in hierdie hoofstuk bespreek is, het fisieke vorm gegee aan die godsdienstige en spirituele idees van sekere samelewings. In Suid-Afrika het ons voorbeelde van mense wat uitdrukking gegee het aan hulle unieke godsdienstige en/ of spirituele idees. Hulle het visionêre kuns geskep sonder enige formele opleiding en het dit uitgedruk in ’n unieke kreatiewe gees.
JACKSON HLUNGWANI
(1923 – 2011) het sy eie sekte, “Jesus One Christ”, in sy geboorteplek, Mbhokota, gevorm. Op ’n heuwel het Hlungwani en sy klein groep volgelinge die terrein begin aanvul deur ’n doolhof soos die een in Groot Zimbabwe te skep uit droë, gepakte steenmure. Hy het sy kerk “die nuwe Jerusalem” genoem. Hierdie plek is beskou as ’n pelgrimsroete as deel van die idee dat die sterflike lewe deel van ’n reis is. Jackson Hlungwani beskryf die plan van Die Nuwe Jerusalem as “Die Kaart van Lewe”. Dit is ’n roete sonder ’n begin en ’n einde, ’n ingang of ’n uitgang, ’n opvaart of ’n afdaling. Binne hierdie mure het hy godsdiens gepreek wat met groot gemak gewissel het het tussen Christenskap en Afrikagelowe. Jackson Hlungwani het beeldhouwerke geskep wat deurtrek was met passie en humor. Dit was veronderstel om sy gelowiges met inspirasie te vul. Hemel en aarde het in werke ontmoet wat magtige figure ingesluit het van die bonatuurlike, kruise, tradisionele medisinale kalbas, voëls, diere en die vreugde van die lewe. Hy het engele met oorkoepelende vlerke geskep, voël-eiers op God se bene gemaak om hom aan die swere op sy eie bene te herinner, ’n vliegtuig vir Kain gemaak, Adam in ’n kortbroek en sandale uitgebeeld, die Engel Gabriël met ’n das en ’n sak op sy rug laat verskyn en ’n atletiese Jesus wat sokker speel uitgebeeld.
nadat Jackson Hlungwani deur die kunswêreld in die 1980’s ontdek is en na Johannesburg toe geneem is, is die nuwe Jerusalem deur versamelaars geplunder en agtergelaat om toe te groei met tropiese bosse en onkruid. In 1985 is sy werke uitgestal as deel van ’n groot uitstalling, “Tributaries”. Die doel van hierdie uitstalling was om swart en wit kunstenaars saam te bring, asook kunstenaars wie se werk as kunsvlyt beskou is en die wie se werk as kuns bestempel is.
VISUELE KUNSTE 2011
Die idee om sy werk in ’n gallery uit te stal en dit vir geld te verkoop, was vreemd vir Hlungwani omdat hy sy werke gemaak het om mense oor God te leer en ter ere van God. Hlungwani herinner ons daaraan dat ons vrye wil het en ook oor die kreatiewe spasie beskik om onsself en die wêreld op baie maniere uit te druk.