Teen die 18de eeu v.C. het Hammarubi die hele Mesopotamië onder sy beheer gehad. Hy het baie bekend geraak vir die formulasie van ’n kode van wette en as een van die magtigste Amoritiese heersers. In noordelike Mesopotamië was die Assiriërs vir baie jare onderwerp aan die heersende ryke van die suidelike dele. Hulle het die politieke onstabiliteit van daardie tyd uitgebuit en het beheer geneem van Mesopotamië vanaf 1300 v.C. to 612 v.C. Hierdie aggressiewe ryk het dele van Egipte en Persië deur hulle ambisieuse houding verower.
WOORDELYS V.C. Die aforting
V.C. staan vir “voor Christus”, deel van ’n dateerstelsel wat vir ongeveer 1 500 jaar in westerse vakkunde gebruik is.
N.C. word gebruik om aan te dui hoeveel jaar verby is vanaf die geboorte van Jesus. Die Engelse aforting A.D. staan vir anno Domini, ’n Latynse frase wat “in die jaar van ons Heer” beteken.
B.C.E. is die aforting vir “Before Common Era” wat deur nie- Christene gebruik word om jare te nommer.
STAD word gedefinieer as ’n nedersetting met ’n bevolking van ongeveer 10 000 mense of meer.
KAART VAN MESOPOTAMIE, MIDDE-OOSTE EN ANTIEKE EGIPTE
Hulle het ’n reputasie ontwikkel as gevolg van hulle barbaarse gewelddadige gedrag. Die feit dat die ryk op vrees gebaseer was, het tot konstante onrus gelei. Teen die sewende eeu het die saamgestelde magte van die Mede, die Babiloniers en Skitiers die Assiriese hoofstad, Nineve, verower. Hierna het die Babiloniërs herverskyn as Neo- Babilonië, alhoewel hierdie ryk minder as ’n eeu aan bewind was. Tydens die Neo-Babiloniese tyd het die legendariese koning Nebukadneser beheer oorgeneem. In 586 v.C. het hy Jerusalem verwoes en die Joodse nasie forseer om in Babilon te bly deur hulle in ballingskap te plaas. Hierdie koninkryk is deur Sirus, die koning van die Mede en die Perse oorgeneem en hy het die Joodse bannelinge toegelaat om na hulle land terug te keer.
TYDLYN VAN MESOPOTAMIË
Prehistoriese Periode - 7000 to 3500 v.C. Vroeë Dinastiese Periode – 3000 tot 2340 v.C. Akkadiese Periode – 2400 v.C. Neo-Sumeriese Periode – 2112 tot 2004 v.C. Ou Babiloniese Periode – 2000 tot 1600 v.C. Assiriese Periode – 1700 tot 100 v.C. Neo-Babiloniese Periode – 626 tot 539 v.C.
STADSTAAT is ’n onafanklike gebied wat bestaan uit ’n stad en wat nie oorheers word deur die administrasie van ’n ander plaaslike regering nie.
BESKAWING verwys gewoonlik na “stedelike kultuur”. Dit is ’n gebied waar ’n groot hoeveelheid mense naby aan mekaar woon en georganiseer is ten opsigte van werk, politiek, wetenskap en tegnologie.
KULTUUR verwys na die eienskappe van ’n groep mense wat geleerd is, eerder as na hulle biologiese eienskappe. Aspekte soos taal, kunste en godsdiens definieer gewoonlik die kultuur van ’n groep mense.
WIGSKRIF is die wiggevormde skrif wat uit piktograwe in Mesopotamië ontwikkel is en waarin prente gebruik is om dinge en idees uit te druk. Die wiggevormde letters is met ’n stomp riet in nat kleitablette geskep.