Renaissance: word gebruik om die tydperk van die 14de tot die 16de eeu in europa te beskryf. Die Renaissance het gedurende die laat-Middeleeue in Italië ontstaan, vanwaar dit na die res van europa versprei het. Die Renaissance verteenwoordig ’n geleidelike verskuiwing van die mens se denke en siening van die lewe vanaf die Middeleeue
Rigting: ’n werklike of denkbeeldige lyn waarlangs ’n voorwerp of element beweeg of waarheen dit wys
Rigtinglyn of -vorm: wanneer elemente ’n duidelike belewing van rigting gee wat die kyker se oog op ’n spesifieke visuele pad/rigting stuur
Ritme: ontwerpelemente wat op so ’n wyse georganiseer is dat die patroon of herhaling ’n sekere ritme skep; die proporsie van ’n verskeidenheid elemente moet wissel om ’n vervelige ontwerp te vermy (elemente soos lyn, vorm, tekstuur en kleur wat ewe ver uit mekaar is of dieselfde grootte, kleur en tekstuur het, sal ’n vervelige ontwerp sonder enige ritme skep)
Rococo: staan ook bekend as laat-barok. Vanaf ongeveer 1715 – 1750. Die woord kom van die Franse woord rocaille, wat die speelse versiering van grotte met onreëlmatige skulpe en klippe beteken. Die term is in die 19de eeu as verkleinerende term gebruik
Ruimte: driedimensionele ruimte; verwys na afstand, oppervlakte en volume van die ruimte; totale area wat deur ’n ontwerp beïnvloed word; vorm of fatsoen wat deur die omliggende ruimte, agter, voor, onder en binne ’n voorwerp, gedefinieer word
Ruimtelike oriëntering: die verwantskap tussen ’n voorwerp en sy omgewing
Ruimtelike perspektief: om die 3D-eienskappe van ’n ruimte op ’n 2D-oppervlak te toon
S
Sekondêre kleure: die meng van twee primêre kleure het ’n sekondêre kleur tot gevolg; oranje (rooi + geel), groen (blou + geel) en pers (blou + rooi)
Sensories: beskryf dinge wat verband hou met die vyf fisiese sintuie: sig, smaak, gehoor, reuk en aanraking
Sensoriese bewustheid: hoë vlak van bewustheid deur van al jou sintuie gebruik te maak
Sentralisering van komposisie: waardeur die belangrikste figuur in die middel van die komposisie geplaas is