Die Pilaar and Latei (balk) is die eerste konstruksiemetode wat in die wêreld ontwikkel is. Dit het ’n latei (balk) gebruik as die horisontale deel oor ’n spasie wat aan sy kante ondersteun is deur twee vertikale pilare.
LATEI
PILARE
STONEHENGE, SALISBURY-PLEINE VAN ENGELAND, C. 2 000V.C./VHJ. NEOLITIESE PERIODE.
HIELSTEEN
Dit is ’n CROMLECH (sirkulêre steenkonstruksie). Die konstruksie bestaan uit vier konsentriese sirkels van steen en ’n sentrale altaar.
ALTAARSTEEN
• Die buitenste ring bestaan uit pare groot monoliete met ’n steenlatei.
• Die tweede ring bestaan uit kleiner Sarasienstene. • Die derde ring is in die vorm van ’n perdeskoen en bestaan uit vyf pare monoliete met lateie.
• Die vierde ring is ook in die vorm van ’n perdeskoen en bestaan uit kleiner stene. In die middel word ’n groot horisontale rots soos ’n altaar gebalanseer.
• Die konstruksie is ’n uitdrukking van orde, simmetrie en harmonie.
VISUELE KUNSTE 2011
Daar word bespiegel dat dit gebou is vir godsdienstige rituele en volgens die posisie van die son tydens ’n verduistering. Dit is onbekend of astronomie ’n belangrike rol in die struktuur se posisionering gespeel het. Party kundiges het al vir ’n jaar daar uitgekamp om data aan te teken. Kyk na die visuele voorbeelde en dui verskille tussen die vier ringe aan.