Teken ten minste vyf oorvleulende skoene in jou bronboek. Gebruik slegs hulle buitelyne. let daarna op dat sommige skoene buite die kante beweeg as jy groot teken. neem ’n swart koki-pen of enige ander donker materiaal en kleur die negatiewe spasies in. Kyk na jou klasmaats se kunswerke en bespreek wie het op die interessantste manier gebruik gemaak van negatiewe vorms.
ORGANIESE VORMS
’n Skoen is ’n mensgemaakte, anorganise voorwerp – waarmee ons pret gaan hê. Vul ’n hele bladsy met ’n kontoertekening van ’n skoen. Blaai deur tydskrifte en skeur interessante organiese vorms en teksture uit. Jy kan gesigte, figure, bome, diere, ens. gebruik. Gebruik jou hele skoen om ’n collage daarop te maak. maak seker dat jy die hele skoen bedek met beelde en teksture om ’n waarlik organiese skoen te skep. Gebruik die prente op so ’n manier dat dit in die vorms van die skoen pas.
TONALE WAARDE
Tonale waarde verwys na die graad van lig en donker in ’n gegewe kunswerk. Vorms het nie in werklikheid buitelyne nie, maar word deur lig gedefinieer. Sonder lig kan ons vorms nie sien nie. Wanneer jy met tonale waardes werk, neem versigtig waar hoe lig op ’n vorm val. Tonale waardes skep volume en driedimensionele vorms – wat die verteenwoordiging van driedimensionele voorwerpe op ’n tweedimensionele oppervlak is.