’n Merkwaardige verskuiwing het in die Romeinse argitektuur plaasgevind. Terwyl vroeëre argitektuur gemik is op geboue vir godsdienstige doeleindes, het die fokus nou verander na die praktiese oplossing van probleme wat die lewens van die bevolking sou vergemaklik. Hierdie bouwerke het die volgende ingesluit: waterleidings, paaie, brûe, rioolstelsels, openbare baddens en basilikas (geboue vir handel en regspraak).
Romeinse waterleidings of akwadukte het drinkwater voorsien en is gekonnekteer aan binneshuise rioolsisteme sodat water van die stede weggevoer kon word. Dit het ook water aan die badhuise verskaf.
Romeinse publieke baddens is ’n deurbraak in ingenieurswese. Warm water het gekom van ondergrondse warmbronne maar die water moes warm gehou word deur die dag..