Amerikaanse Indiane is die term wat deur die Amerikaanse regering gebruik word om na die inheemse mense van Noord- Amerika te verwys, wat voorheen bekendgestaan het as Indiane. Maar onder die Amerikaanse Indiane word die term ‘Indiaan’ nog gebruik, alhoewel hulle verkies om onder hulle stamname geklassifi- seer te word. Jong Amerikaanse Indiane verwys dikwels na hulself as die ‘eerste nasies’.
Volgens historici, het mense vanaf die Asiese kontinent na Alaska verhuis. Daar is produkte soos die Adena-pyp wat glo deur Amerikaanse Indiaanse vakmanne geskep is tydens 1000 tot 300 v.C. Die pyp is uit steen uitgekerf en beeld ’n figuur uit wat in sommige opsigte soortgelyk is aan gekerfde figure uit Afrika – met ’n vergrote kop en korter ledemate wat in ’n vooraansigposisie staan. As deel van seremonies, is buisvormige pype gebruik om tabak te rook. Sjamane het ook daarin geglo dat hulle ‘bose geeste’ uit siek liggame kon trek.
Tydens die Europese ekspedisies vanaf die 1600’s, het antropoloë die kuns en aktiwiteite van hierdie stamme aangeteken. Dit beteken dat die meeste van die aantekeninge voorbeelde uit onlangse eeue is, veral aangesien daar nie groot steenstrukture in hierdie Amerikaanse Indiaanse samelewings was nie. Produkte wat uit hout, glas of klei gemaak is, sou nie deur die eeue heen behoue gebly het nie.
TOTEMPALE
’n Tipiese voorbeeld van die Amerikaanse Indiaanse stamme is die hout-totempaal. Hulle kon familielegendes, stamme, kulturele oortuigings of spesiale geleenthede uitbeeld. Sekere totempale is ook deel van ’n grafelderstruktuur met ’n grafoks in ’n versinkte ruimte. Totems kan ook sjamanistiese kragte of sosiale boodskappe uitbeeld. Dit word aangedui in totems wat waarskuwings of herinnerings is aan skuld, moorde, argumente of ander gemeenskapskwessies. Dit blyk dat die totempale nooit aanbid is nie. Die vroeë sendelinge het per ongeluk gevra dat die totempale vernietig moet word omdat hulle gedink het hulle is aanbiddingsvoorwerpe.