As leier, regter, wetgewer en generaal het die profeet Mohammed ’n manier van lewe verteenwoordig, en ’n godsdienstige kode en ’n wetlike stelsel gehad waarop die beginsels van Islam gebaseer is. Hy het Abraham, Moses en Jesus as profete as sy voorgangers erken. Hy het aangedring dat daar net een god is en dat selfs die Christene wat in die Drie-eenheid geglo het wegbeweeg het van die waarheid. In vergelyking met Christenskap wat glo in ’n dag van oordeel met ewige hemel of hel vir elke individu, vereis die geloof basiese reëls, soos gereelde daaglikse gebede, vastye, onthouding van verbode kos en handhawing van die morele kode wat gevolg moet word en moedig Islam gelowiges aan om direk met god in hulle gebede te praat.
DIE TEKS OP HIERDIE TEËLS UIT KERAMIEK LEES: “WATTER UITSTEKENDE METGESELLE IS BLYDSKAP EN GELUK”. DIT WORD VERSKEIE KERE HERHAAL. DIE TEËLS IS AS VERSIERING OP ’N GEBOU GEBRUIK EN DATEER VANAF TUSSEN DIE 14DE EN 15DE EEUE. KALLIGRAFIE WAS ’N FUNDAMENTELE ELEMENT VAN ISLAMITIESE KUNS WAT DIE GELEENTHEID GEBIED HET OM ORNAMENTELE VORMS DAARUIT TE ONTWIKKEL.
Die Moslemse Arabiese generaals het na Mohammed se dood begin om Palestinië en Irak te plunder. Sirië, Mesopotamië, Egipte en Aleksandrië het kort daarna gevolg. Daarna het hulle Persië, westelike Turkestan en dele van Punjab, Noord-Afrika en Spanje oorgeneem. In minder as 50 jaar het die Moslems die area wat vanaf Spanje na die grense van China strek, oorgeneem. Islamitiese kuns het as gevolg daarvan uit ’n verskeidenheid kulture ontwikkel met ’n dominante, Arabiese invloed.
’n Belangrike eienskap is dat die Koraan in Arabiese skrif geskryf is, wat die ontwikkeling van abstrakte ornamentele vorms en patrone beïnvloed het.
Die gebruik van geometriese beginsels en die uitdrukking van ’n gevoel van ritme in die ingewikkelde herhaalde patrone van dekoratiewe werke kan nagevolg word tot die Arabiese belangstelling in wiskunde en astronomie.
HIERDIE MOSAÏEK IN GEOMETRIESE VORMS VANUIT DIE 15DE EEU IS GEBASEER OP VYF EN TIEN GEPUNTE STERRE EN WAS IN ’N STYL WAT GEBRUIK IS VIR MUURVERSIERING VIR DIE BINNEKANTE VAN MOSKEES VAN DAARDIE TYD.