In argitektuur speel spasie ’n belangrike rol. Die argitek moet bevredigende, funksionele en interessante spasies skep waarin mense kan leef, werk en speel.
INTERIEUR VAN DIE TATE MODERN IN LONDEN.
Beeldhouwerk is driedimensioneel. Dit neem ruimte op, het volume en kan vanuit enige rigting bekyk word. Die beeldhouer skep ’n unieke verhouding tussen vorm en spasie of tussen positief en negatief.
In ’n tweedimensionele kunswerk skep kunstenaars ’n gevoel van driedimensionele spasie
en diepte deur PERSPEKTIEF te gebruik.
Liniêre perspektief is gebaseer op die waarneming dat parallelle lyne skynbaar op die horison by een of meer verdwynpunte ontmoet. Voorwerpe raak kleiner soos hulle verder weg beweeg.