Hierdie kunsvorm is op groot skaal deur die Egiptenare op ’n wye verskeidenheid materiale en vir baie uiteenlopende doeleindes gebruik. Daar is dekoratiewe voorwerpe, soos die Palette van Narner wat in grootte verskil van die groot dekoratiewe reliëf-uitkerwings op die mure van grafelders en tempels. Die styl van verteenwoordiging wat in die reliëf gevolg is, is nou verwant aan dié van muurskilderye wat soortgelyke beeldkonvensies gebruik het. In Egiptiese steenbeeldhouwerke is die kontras tussen hoog gepoleerde areas en die met teksturele areas wat versier is met patrone gebruik – selfs wanneer die hardste materiale gebruik is. Egiptiese kunstenaars het die verhewe en versonke reliëf-snywerg gebruik. Gedetailleerde modellering is gewoonlik binne-in die figure gemaak. Indien figure oorvleuel het, is albei tegnieke gebruik aangesien die binne-modellering van ’n figuur altyd in verhewe reliëf gemaak is. Die houtpaneel van Hesire is ’n voorbeeld van ’n sensitief-uitgekerfde lae reliëfwerk. Hesire, die hoë ampenaar van Zoser se hof, is in ongeveer 2750 v.C. uitgebeeld. Die paneel is een van vier wat by Hesire se Mastaba-grafelder gevind is. Dit is agter die nis wat gewoonlik ’n beeldhouwerk van die oorledene bevat het, geplaas. Hesire word in ’n lendekleed uitgebeeld wat gevou is aan die onderkant en in die middel ingetrek is. Die klere, asook ’n septer in sy regterhand en ’n staf in sy linkerhand is simbole van gesag. Hy hou ook skryfmateriale in sy linkerhand vas as ’n aanduiding van die pos wat hy beklee het. Die kop, wat sensitief uitgekerf is, die naturalistiese gedefinieerde knieë en kuitspiere en die manier waarop die linkerhand die staf vashou, is ’n aanduiding van ’n naturalisme wat kenmerkend van die Ou Koninkryk is. Ten spyte van hierdie naturalistiese aspekte, het die kunstenaar ’n konsepsuele benadering, wat heeltemal verskil van dit wat in die natuur voorkom. Die houding van die figuur wat na regs tree is onnatuurlik en anatomies onmoontlik. Die skouers wrod vorentoe uitgebeeld, die kop en bene wys na regs en dit wil voorkom of hy twee linkervoete het. Die uitbeelding van die kop wys die hele oog, asook die buitelyne van die voorkop, neus, ken en dik hare. Hierdie uitleg van die menslike figuur is nie uit onkunde of gewoonte geskep nie, maar volgens ’n fyn beraamde plan waaarvan die doel was om die kenmerkende eienskappe van die figuur so na as moontlik uit te beeld. ’n Effense afwyking van hierdie verteenwoordigende metode is as ’n fout beskou. ’n Groot afwyking sou ’n verandering in betekenis impliseer, wat die figuur byvoorbeeld van ’n hofamptenaar na ’n landbewonder kon verander. Hierdie benadering om ’n eenvormige styl van verteenwoordiging te volg, het bygedra tot die interpretasie van Egiptiese kuns as konstant en is simbolies van die onveranderlike aspekte van goed.
PALETTE VAN NARNER VAN HIERAKONPOLIS, LEIKLIP, C. 3168 V.C.
HOUTGRAFSTEEN VAN HESIRE FROM SAQQARA, C. 2670 V.C.