Jou onderwyser sal hierdie oefeninge lei en besluit of jy selfportrette gaan maak deur ’n spieël te gebruik of dit gaan doen met die hulp van ’n klasmaat. Begin deur blinde kontoere en ook aangepaste blinde kontoertekeninge te doen (sien Hoofstuk 1). Onthou dit is belangrik om stadig te teken en regtig te kyk na wat jy teken. Dit is ’n goeie idee om ’n hele paar van hierdie tekenininge te voltooi. Sluit af deur ’n aaneenlopende lyntekening te maak waar jy na die papier mag kyk. Die geïllustreerde voorbeelde deur ’n leerder wys hoe hierdie aktwiteit ’n mens leer hoe om waar te neem.