In 800 is Karel die Grote deur die pous as die “Keiser van die Romeine” gekroon en sy heerskappy het stabiliteit in die Westerse Romeinse Ryk gebring as gevolg van die uitbreiding van geletterdheid en die Christelike kultuur. Interne onstabiliteit en invalle deur Moslems en Asiese plunderaars het tot ’n tydperk gelei waarin artistieke vervaardiging gestaak is. Stabiliteit is weer herstel met die opkoms van die Ottoniese keiserskap van Duitsland, wat amptelik gemaak is nadat hul keiser gekroon is as die Heilige Romeinse Keiser in Rome in 936.
Romaanse kuns het tydens die era van die kruistogte in 1095 – 1291 ontwikkel. Alhoewel dit ’n poging was om die Heilige Land onder Christelike beheer te bring, het dit ook die uitruiling van idees aangemoedig. Gedurende hierdie tyd, het die Christelike kerk en die leenstelsel samehorigheid aan die organisering van die samelewing verskaf. Die leenstelsel het gelei tot ’n streng, verdeelde klassestelsel van landeienaars en plaaswerkers in slawerny.
Mense se posisie in hierdie stelsel is deur geboorte bepaal en om die kerk binne te gaan deur die monastiese orde was die enigste manier om toegang tot opvoeding te kry en om die leenstelsel te vermy. Die gevolge van reis en handeldryf tydens pelgrimstogte het gelei tot die totstandkoming van vakkundiges en handelaars as nuwe onafanklike klasse in die stelsel.
Die Gotiese periode het gelei tot ’n toename in die ontwikkeling van middelklas- professionele mense en stede. Hoewel die leenstelsel voortgeduur het, het die regerings gesentraliseer en georden geraak. Monargieë het die begin van ’n bewustheid van nasieskap van mense geskep wat ’n sin van gemeenskap getoon het deur die bou, versiering en instandhouding van katedrale.
WOORDELYS
DIE KRUISTOGTE was middeleeuse militêre veldtogte deur Europeërs om die Heilige Land van die Moslems te red, in die 11de, 12de en 13de eeue.
2 Die vroeë Christelike Periode MUURSKILDERYE
Die vroegste kunswerke wat in die naam van Christenskap geskep is, was begrafniskuns vir armer families. Die skilderye is gemaak in donker gange en skuilplekke in die katakombes, die ondergrondse begraafplase. Christene was teen die heidense gebruik van verassing, omdat hulle geglo het in die opstanding van die liggaam. Al die skilderye verwys na die opstanding, redding en lewe na die dood. Hierdie skilderye is onafgewerk en bevat invloede van die Romeinse muurskilderye wat huise op daardie stadium versier het. Deur helder kleure en sterk kontraste te gebruik en figure in sterk houdings uit te druk, het die kuntenaars kuns geskep vir besigtiging met lampe.