SELFPORTRET - Jou onderwyser sal die aktiwiteit lei.
MUMMIEMASKER VAN SATDJEHUTY, 1500 V.C.
Gebruik jou BRONBOEK voordat jy met die finale kunswerk begin. Die Egiptiese Faraos en lede van die hoër klas het kunstenaars en vakmanne in diens geneem wat aaneen kunswerke geskep het wat hulle uitgebeeld het. Hierdie standbeelde en beelde is beskou as noodsaaklik aangesien hulle geeste ’n replika van hulle liggame nodig gehad het indien die mummie dalk vernietig is. Later is die kiste in die vorm van ’n mens met ’n portret van die persoon binne-in geskep.
In sommige van die antieke Egiptiese standbeelde, is elemente van diere gebruik om sekere eienskappe van die persoon te simboliseer. Dele van leeus is in die standbeelde van Faraos ingesluit om adellikheid te simboliseer.
HIERONDER IS ’n PAAR OPSIES WAT JY IN JOU BRONNEBOEK KAN ONDERSOEK:
• Besluit watter dier of insek jou die beste sal simboliseer. Versamel prente en maak miniatuurtekeninge van die dele van die dier of insek wat ingesluit kan word in jou finale selfportret. Maak notas om te verduidelik waarom jy die spesifieke dier of insek gekies het.
• Maak ’n lys van al die dinge wat belangrik is in jou lewe. Dink aan die dinge wat jou persoonlikheid definieer.