As jy kyk na die kunswerke wat in hierdie hoofstuk bespreek is, is dit duidelik dat baie van die werke gemaak is vir die res van die gemeenskap om te sien en het daarvolgens ’n boodskap om oor te dra wat tot daardie samelewing verbind is – baie was godsdienstig, maar ons het ook gekyk na werke wat kommentaar gelewer het oor historiese gebeurtenisse.
VLUGTELINGSREGTE DEUR PEGGY DELPORT, DIE MENSE
VAN DISTRIK SES, KAAPSTAD, GEDENKMUURSKILDERY
MEG SALIGMAN, GEMEENSKAPLIKE BEDREIGINGS, PHILADELPHIA, VSA
VOORSTELLE OOR ONDERWERPE VIR DIE MUURSKILDERY :
• ’n Belangrike gebeurtenis in julle gemeenskap: maak ’n lys van dinge wat gebeur het en julle geaffekteer het en skryf neer wat en hoe dit gebeur het; versamel koerantknipsels oor die gebeurtenis.
• Kyk na die geboue in julle area en identifiseer een wat julle interessant vind – wat is die geskiedenis van die gebou? Doen navorsing daaroor deur mense wat daar bly te vra vir meer inligting.
• Besluit op ’n sosiale kwessie wat belangrik is vir almal in die groep en ook in julle gemeenskap. Doen navorsing oor die onderwerp.
Wanneer julle die onderwerpe bespreek het en besluit het wat julle in julle groep wil doen, moet elke lid van die groep hulle eie navorsing en beplanning daaroor doen. Besluit watter aspekte van die onderwerp die belangrikste is. Skryf idees neer en maak ’n vinnige reeks tekeninge oor jou idees.