Jean-Antoine Watteau (10 oktober 1684 – 18 Julie 1721) was ’n Franse Rococo-skilder wie se kort loopbaan die herlewing van belangstelling in kleur en beweging van die kwynende Barokstyl aangemoedig het, wat uiteindeik as die Rococo bekend geword het.
Daar is verwysings na klassieke mitologie in hierdie skildery. Die onderwerp is ’n dag se reis vir jong paartjies na die eiland van Cythera, wat heilig vir Venus was. Haar standbeeld, waaraan sierkranse gehang is, staan aan die regterkant. Soos die bekoorlike dag tot ’n einde kom, is hulle byna gereed om aan boord te gaan, vergesel deur ’n swerm liefdesgodjies, en word hulle terugvervoer na die alledaagse wêreld. Die werklike onderwerp van hierdie skildery is ’n stemming. ’n gevoel van die vlietende aard van geluk deurtrek hierdie werk. Die goue lig dui die einde van die dag aan en skep ’n melankoliese gevoel, die vrou wat verlangend terugkyk. Dit is ’n uitbeelding van die aristokrasie in hulle modieuse klere en geaffekteerde houdings. Die gevoel is die van kunsmatigheid soos in die teater te bespeur. watteau het gewoonlik sy skilderye bedek met ’n swaar laag van ’n pêrelagtige kleur, wat gewissel het van wit na blou en wat soms rooskleurig was.
wanneer die onderskildery droog was, het hy die bome aangedui in vinnig aangewende groen-, blougroen- en goudbruin verdunde verf, so deurskynend dat die pêrelagtige onderlaag sigbaar was. Die figure is dan geverf in taamlike dik impasto, in juweelagtige tone wat hoofsaaklik roos, blou, geel en wit was. Die eenheid is dan verglans sodat die impastos ryklik sou skitter deur ’n atmosfeer vasgestel deur omringende lae verf. Die figure is klein in vergelyking met die ruimte. (kyk na die drie paartjies aan die regterkant of is dieselfde paartjie geskilder in agtereenvolgende houdings?)
ANTOINE WATTEAU, THE ISLAND CYTHERA, 1717 – 19. OLIE OP DOEK VISUELE KUNSTE 2011