Positiewe vorm/fatsoen/oppervlakte: die werklike vorm (2D) of voorwerp (3D) wat in ’n ruimte geplaas word; die “figuur” of figuur- agtergrond-verwantskap; die oppervlakte wat deur ’n voorwerp of vorm in ’n driedimensionele werk beslaan word
Pous: leier van die Rooms-katolieke kerk
Prehistories: verwys na ’n tyd in die ontwikkeling van die mens voordat daar geskrewe taal was
Prentruimte: die denkbeeldige ruimte wat binne ’n tweedimensionele kunswerk geskep word of die oppervlak binne die grense van die kunswerk
Prentvlak: 2D-oppervlak; die plat oppervlak waarop die werklike vorm of beeld bestaan; enige illusie van diepte/3D-kwaliteit word geïdentifiseer as “buite die prentvlak”
Primêre kleure: oorspronklike kleure; kan nie verkry word deur twee ander kleure te meng nie; primêre rooi, geel en blou; alle ander kleure word teoreties van hierdie drie kleure gemeng
Primêre kontoer: die buitenste vorm van ’n fatsoen Profiel: die syaansig van ’n voorwerp of ’n persoon
Projekopdrag: formele, skriftelike instruksies wat kliënt aan ’n ontwerper gee en wat die presiese instruksies, verwagtings van die ontwerper, vereistes, doelwitte, gehalte van die finale produk en funksionaliteit of gebruik aandui
Proporsie: vergelykende verhouding tussen elemente of voorwerpe: deur balans, simmetrie, grootte, hoeveelheid/kwantiteit, graad, ratio, dimensie te gebruik
R
Radiale balans: dieselfde as simmetriese balans, maar in hierdie geval op ’n 3D-vorm soos ’n sfeer verkry. wanneer die sfeer in die helfte gesny is, is albei dele presies eenders. Balans word verkry deur die elemente in ’n sirkelvormige patroon om ’n sentrale as te rangskik; dit balanseer in alle rigtings om ’n sentrale punt
Reliëf: driedimensionele vorm wat uit ’n tweedimensionele oppervlak na vore kom
Reliëfeeld: dikwels ’n deel van argitektuur. onderskei tussen hoë reliëf, waar vorms diep uitgekerf word en uitsteek, en ’n lae reliëf, waar figure op feitlik dieselfde vlak as in ’n tekening bestaan