ESTETIES: die teorie om die skoonheid en genotlike kwaliteite van iets te geniet.
KONTEKSTUELE FAKTORE Om enige kunswerk te verstaan, moet die konteks waarin dit geskep is in ag geneem word. Dit het te doen met die sosiale en historiese agtergrond van die werk. Dit is belangrik om soveel moontlik van die historiese agtergrond van kunstenaars en kunswerke te weet, sodat ons begrip van die werk uitgebrei kan word.
BETEKENIS EN INTERPRETASIE
Die bespreking en oorweging van die formele kuns-elemente, beginsels van ontwerp, gebruik van media en tegniek, styl en kontekstuele faktore sal die kyker help om ’n beter begrip van enige kunswerk te vorm. Hoewel die kyker nie die kunstenaar is nie en dalk nooit sal weet wat die werklike bedoeling van die kunstenaar is nie, kan ’n mens jou eie ingeligte opinie vorm – indien daardie opinie ondersteun word deur die kunswerk, navorsing, onderhoude en/of besprekings.
1.4
FIG. 4A. GEORGE PEMBA, MOTHER’S CHILD, 1972. OLIE OP DOEK..
Voltooi in jou VKS-werkboek.
DiE VolGEnDE kunSwErkE BEElD AlmAl kinDErS uit. AlmAl kAn VErSkillEnD GEïntErprEtEEr worD.
Skryf neer wat jy as die betekenis/boodskap van elkeen van die werke in figure 4A-4H sien. Motiveer jou opinie deur te verwys na die gebruik van visuele beelde in die werk. (Skryf ten minste drie vol sinne oor elke werk.) Gebruik die volgende om jou te lei:
• miV/Vigs • manipulasie van kinders • kinderregte • Armoede • Die mooi van kinderjare • konflik
Dis ’n goeie idee om hierdie interpretasies met jou klasmaats, wat dalk ander opinies het, te deel. Dit sal ’n gesonde debat oor kuns aanwakker. (Wees bewus van ongegronde stories ten opsigte van die kunswerke.)