Masaccio is vir altyd jonk omdat hy dood is toe hy 27 jaar oud was. Ten spyte van sy jeug, is sy kuns buitengewoon volwasse. Byna ’n honderd jaar later, het Massacio die idees van Giotto voortgesit. Hy het van Giotto verskil deur nie die dramatiese te beklemtoon nie, maar hy het gebruik gemaak van Brunelleschi se ontdekking van perspektief om sy skilderwerk te ontwerp volgens geometriese vorms. Hy het ook ’n oortuigende verhouding tussen die figure en hulle omgewing geskep. Die onderwerp is op Matteus 17 gebaseer en vertel hoe, toe Christus en die Apostels in Kapernaum aangekom het, die Romeinse belastingeiser opgedaag het om die heffing in te samel. Christus het vir Petrus gesê dat hy die geld in die mond van ’n vis in die nabygeleë See van Galilea sou vind. Aan die linkerkant gooi Petrus nette uit vir die vis. Hy het die muntstuk gekry en aan die regterkant betaal hy die belastingeiser. Masaccio se figure lyk werklik (swaar) en sy anatomiese kennis word duidelik uitgebeeld in die oortuigende houdings van die figure – gewrigte buig en hang korrek. Sy selfvertroue in die uitbeelding van menslike anatomie kan ook gesien word in die bene van die Romein. Voete word nie met drapering bedek nie, maar is korrek uitgebeeld met voorverkorting. Die figure is solied en skulptureel. Elke apostel word as ’n individu uitgebeeld. Hulle is sterk werkers. ’n Warm lewendigheid straal uit die monumentele, kunstig gerangskikte figure en die vorms van die landskap en die argitektuur word in die gebeure geïntegreer.
Wie was Botticelli?
Alessandro di Mariano di Vanni Filipepi, better known as Sandro Botticelli or Il Botticello (‘Die Klein Vaatjie’, c. 1445 –1510). Hy was ’n Italiaanse kunstenaar van die Florentynse skool tydens die Vroeë Renaissance. Van sy beste werke is Te Birth of Venus en Primavera.
Renaissance kuns kan verdeel word in monumentale werke bv. Masaccio se werk waar figure swaar en monumentaal voorkom; en liries, waar die werke meer gestileer is en herinner aan Gotiese hofuns.
“Suiwer digkuns van
MASACCIO, THE TRIBUTE MONEY, C. 1425. FRESKO
Masaccio skep ’n groot driedimensionele ruimte in die voorgrond. Die korrekte verhouding tussen figure en die omgewing word uitgebeeld. Hy is die eerste kunstenaar wat daarin geslaag het om skulptureerde figure te verenig met ’n gekonstruktureerde spasie wat van waarnemingsvermoë getuig. Lig val vanuit een rigting en die figure is in lig en skadu gemodelleer. Die eenvoudige beligting en streng waarneming van sentrale perspektiewe is kenmerkend van sy werk. Hy het tonale waardes en kleur gebruik om vorms te skep, eerder as Giotto se buitelyne.