JOHN MUAFANGEJO, AN INTERVIEW OF CAPE TOWN UNIVERSITY IN 1971, LINOSNEE
John Muafangejo het ook persoonlike gebeurteniesse en gevoelens oor sy lewe deur sy kuns uitgedruk. Deur hierdie aspekte van sy lewe te besigtig, kry die kyker meer insig in die kunstenaar se lewe. Kyk na die manier waarop hy die groottes van mense en voorwerpe gebruik het, asook die kontras tussen swart en wit om aandag te trek.
Watter gevoel het hy uitgedruk in die werk, An interview of Cape Town University in 1971? Verduidelik die redes vir jou antwoord deur te verwys na die samestelling, en die gebruik van swart en wit en kontras in vorms.
Stories wat deur beelde vertel word kan fiktief, satiries, denkbeeldig, outobiografies of selfs sosiale kommentaar wees. Stories wat in visuele kuns vertel word kan uitgedruk word in al die verskillende kunsmediums. As aanskouers van die kunswerke word ons geïnspireer om oor ons eie ondervindings en standpunte oor die lewe te dink en dit met die van die kunstenaars te vergelyk. Die verskillende maniere waarop stories vertel word, dui ooreenkomste en verskille aan waarop mense aanklink vind tot die maniere waarop die mensdom kulturele, godsdienstige of politieke groepe gevorm het.
BESPREEK DIE VOLGENDE IN DIE KLAS
Watter stories onthou jy toe jy omtrent 10 jaar jonger was? Waarom onthou jy daardie spesifieke stories?
Watter nuwe vorms van storievertel is belangrik in ons tyd?
Wat is jou gunstelingstories wat jy onlangs gesien of gehoor het?
Dink jy daar is enige kontemporêre stories wat belangrik is en wat deur toekomstige generasies onthou sal word?