• Rotskuns het deur die jare van styl verander. Aanvanklik was daar simbole, enkelfigure en diere in enkel-kleursilhoeëte of in swart of rooi.
• Later het die skilderye tonaal geword omdat donkerbruin, rooibruin, wit en ’n mengsel van hierdie kleure gebruik is. Dit het gelei tot die mooiste polichromiese skilderye van diere wat wissel van beige en wit tot ’n ligte rooibruin en dan tot donkerbruin.
• Diere is ook uitgebeeld deur voorverkorting as tegniek te gebruik, soos ’n bok wat agtertoe oor sy skouer kyk.
• Die onderwerpe sluit tonele in wat aktiewe gebeure soos beswymingsdanse, reënmaakrituele en jag-aktiwiteite uitbeeld. Die onderwerpmateriaal het ook ontwikkel nadat die setlaars in die suidelike deel van Afrika opgedaag het aangesien daar voorbeelde is van waens, mans met gewere op perde, Engelse soldate in rooi baadjies en Zoeloe-impi’s.
• Die San-mense is kort en klein en het aangepas tot die natuurlike omstandighede wat in sekere dele woestynagtig was, soos die Suidweste. In hulle skilderye het hulle egter hulle ledemate verleng, asof hulle die ekstra krag wat hulle nodig gehad het, beskou het as noodsaaklik om lang afstande tydens ’n jagtog te hardloop. Ons weet egter nie presies waarom hulle
die tegniek gebruik het nie. • Die proporsies van die diere is aan die ander kant natuurlik en in detail uitgebeeld.
• Beelde van kinders en portrette is selde gevind. Dit het dalk te doen met die feit dat ’n “beeld” ’n spirituele werklikheid geword het en nie ligtelik opgeneem kon word nie.
PETROGLIEWE
Petrogliewe (rotsgraverings) is geskep deur met ’n skerpgemaakte rots op ’n rotswand te teken. Hierdie voorbeelde lyk ouer as die skilderye en kom algemeen voor in onbeskutte pleine eerder as in beskuttings. Hulle is gewoonlik of simbole of die buitelyne van diere. Daar is ’n ekonomiese gebruik van lyne (min beskrywende lyne), maar die beelde van die diere is ongelooflik karakteriserend van hulle natuurlike proporsies, voorkoms en gedrag.
RENOSTER: BUITELYNGRAVERING
Dit neem vaardigheid om so ’n tekening te maak. Hierdie mense het die diere lank bestudeer en moes ’n naturalistiese beeld maak om die mag van die natuurlike beeld met die spirituele doel te verbind.
RENOSTER EN KALF: GETEKSTUREERDE GRAVERING VISUELE KUNSTE 2011