’n Interessante weergawe van ’n versonke reliëfwerk wat uit in kalksteen gemaak is, is die huis-grafelder van Koning Akhenaten, sy vrou Nefertiti en hulle drie dogters. Tydens sy heerskappy, het Akhenaten sekere revolusionêre veranderinge wat die basiese struktuur van Egiptiese godsdienstige oortuigings verander het. Die grootste verandering wat hy aangebring het, is dat Ra, die songod, beskou is as die opperste god en dat die ander gode van Egipte deel van hom was. Akhenaten het ’n nuwe aspek van hierdie god beklemtoon deur hom uit te beeld as ’n hemelse koning en vader wie se mag gemanifisteer is deur die lig wat vanuit die sondisk Aten gestroom het. Hierdie verandering het ’n geweldige invloed gehad op die styl en onderwerpe van kunswerke tydens Akhenaten se heerskappy. Soos in hierdie reliëf gesien kan word, is tradisionele onderwerpe vervang deur tonele uit die lewe van die koninklike familie. In plaas van borsbeelde van die voorvaders en beelde van gode wat veronderstel was om die familie te beskerm, beeld altare soos hierdie die koninklike familie uit terwyl hulle huishoudelike aktwiteite doen. Akhenaten sit op ’n eenvoudige stoel en tel sy dogter op om haar te soen. Sy wys na haar ma, Nefertiti, wat oorkant hulle sit en een dogter op haar knie het. Die ander dogter word uitgebeeld waar sy aan haar ma se nek hang en met haar ma se oorring speel. Hierdie toneel van familie-geluk beeld ’n oomblik in tyd uit, in teenstelling met die gewone uitbeelding van adellikes as ideale wesens wat ’n ewigheid sou duur. Die sentrale deel van hierdie komposisie word oorheers deur die songod, en die skyf Aten, wat as ’n simbool van lewe op die ouers en hulle kinders skyn. Hoewel die kinders in die trasisionele styl as baie klein volwassenes uitgebeeld word, word die koninklike ouers uitgebeeld in ’n ontradisionele naturalistiese styl. Die natuurlike vorms van hulle figure word beklemtoon en die gewone onderdanigheid van die vrou word ’n nekslag toegedien deur haar en haar man ewe groot uit te beeld, in plaas daarvan dat sy kleiner is.
VISUELE KUNSTE 2011
AKHENATEN, SY VROU NEFERTITI EN HULLE DRIE DOGTERS VAN AMARNA, C. 1350 V.C. LYMSTEEN
WOORDELYS
STELA is ’n regop stuk steen wat gegraveer is met beelde en tekste van historiese of godsdienstige betekenis.