Die keiserin Teodora word op ’n aparte paneel uitgebeeld. Sy is nie in die sentrale posisie van die paneel nie, maar is op pad om die toneel te verlaat deur ’n deurgang met ’n gordyn. Haar belangrikheid in hierdie komposisie is duidelik uitgebeeld, aangesien sy ’n adellike pers kleed dra, die goue beker in haar hand vashou en die stralekrans agter haar kop is. Aangesien sy buite die heiligdom is, is haar posisie in die seremonie nie dieselfde as dié van die keiser s’n nie.
Die belangrike figure in hierdie twee panele word uitgebeeld asof hulle lewensgetrou voorkom, maar die liggame van die figure kom verleng en styf voor as gevolg van die vertikale klem op die voue in die klere. Nog ’n gestileerdheid is die vooraansigte van die figure wat in die rigting van die kyker gedraai is, maar wat met diegene langs hulle kommunikeer deur gebare te gebruik. Die agtergronde is plat kleuroppervlaktes wat impliseer dat die twee groepe binne die ruimte van die kerk is.
6.2
BEIDE DIE KEISER EN DIE KEISERIN
WORD VOORGESTEL AS GELYKES VAN CHRISTUS EN DIE MAAGD MARIA – HULLE HET ALBEI STRALEKRANSE.
Voltooi in jou V.K.S.-werksboek.
Doen navorsing oor die simbolisme wat gebruik is in die mosaïek in die apsis van die Sant’ Apollinaire in Classe. Hoe verskil die versiering van hierdie kerk van die in die San Vitale in Ravenna?
DIE BINNEKANT VAN DIE APSIS VAN SANT’ APOLLINAIRE IN CLASSE, C. 530