BENBEN is die embleem van die songod Ra. Die benben-steen was ’n opgehewe pilaar wat in die tempel by Heliopolis geplaas is. Die piramidiese of keëlagtige steen was waarskynlik van meteoriese oorsprong en dit is eerbiedig as die heuwel waarop Atum, die god wat die skepping van die wêreld voltooi het, bo die waters van Chaos verskyn het.
MASTABAS is antieke Egiptiese grafelders met plat dakke en skuins mure.
8 Met betrekking tot
Suid-Afrikaanse kuns
Samson Mudzunga is ’n selfopgeleide kunstenaar uit Venda wat aanvanklik figuratiewe houtsneewerk gemaak het. Hy woon in die gebied van die heilige Meer Fundudzi in Venda, waar hy in 1938 gebore is. Sy belangstelling in aspekte van die dood en hergeboorte is verwant aan sommige van die sentrale temas van antieke Egiptiese kuns wat te make het met die siklusse van die lewe, die sekerheid van die dood en die moontlikheid van hergeboorte. Tydens die 1990s het hy begin om reusedromme, waarvoor hy baie bekend geword het, uit te kerf. Die dromme is gebaseer op die ngoma-drom wat tradisioneel slegs deur stamhoofde gebruik is. Die dromme het ’n nuwe, onverwagse vorm aangeneem. Dit is in doodskiste omskep. Die intensie is nie dat dit gebruik is om mense in te begrawe nie, maar dit het deel geword van ’n opvoering deur Mudzunga waarin hy sy eie dood en gevolglike hergeboorte uitbeeld. Mudzunga kombineer die skepping van tradisionele kunsvorms, die kerwing van dromme, met ’n moderne konsep, gebeurteniskuns (‘performance art’). Deur hierdie vertonings, ondersoek hy simboliese aspekte uit die mitologie en die tradisies van die Venda- kultuur. Mudzunga se kunswerke is belangrik vir Suid-Afrikaners wat nog betrokke is by hulle kulturele tradisies, maar ook reeds gewoond geraak het aan die veranderinge wat veroorsaak is deur die tegnologie van die kontemporêre wêreld. Hy het in ’n paar van sy vertonings die mag van stamhoofde, wat sekere voordele ten koste van die res van hulle gemeenskap geneem het, uitgedaag. Hy het sy vierdie huwelik gevier met ’n vertoning wat ’n getransformeerde murumba-tipe drom ingesluit het, tradisioneel geassosieer met inisiasie-rituele. Hy het die drom in die vorm van ’n vliegtuig uitgekerf.
’N NGOMA-DROM WAT TRADISIONEEL GEBRUIK
WORD IN REËNSEREMONIES, STAATSGELEENTHEDE, OORLOGSTYE EN EERBETONINGS AAN DIE VOORBADERS.
’N DROM WAT VERSIER IS MET DIE STANDBEELD VAN ’N VROU IN ’N TRADISIONELE VENDA-
UITRUSTING EN WAT IETS OP HAAR KOP DRA. ’N SLANG KRUL OM HAAR VOETE.