’n monochromatiese skildery gebruik variasies van net een kleur. ’n Ware kleur is word op sy eie met swart en/of wit gebruik of word gemeng met swart en/of wit.
AANVULLEND
Hierdie kleurskema bestaan uit aangrensde kleure op die kleur- wiel. Elkeen bevat dieselfde kleur, byvoorbeeld geel-groen, groen en blougroen (wat almal die kleur groen bevat).
POLICHROMATIES Willekeurige gebruik van kleure en hulle variasies.
FRANZ MARC, THE FATE OF THE ANIMALS, 1913. OLIE OP DOEK.
“Kan iemand
werklik verduidelik waarom twee kleure wat jy langsaan mekaar gebruik, sing?” – Pablo Picasso
WARM
Kleur het ’n sielkundige effek. Party kleure kan beskryf word as warm, bv. rooi, oranje en geel. Dit is asof hierdie kleure deur spasie nader aan die kyker toe beweeg. Hulle skep ’n gevoel van opwinding. Koel kleure is bv. blou, groen en lemmetjiegroen. Dit lyk asof hulle terugtrek na die agterkant van ’n skildery toe. Hulle het ’n kalmerende effek op die kyker.
Kleure het simboliese effekte. Hierdie betekenisse verskil van kleur tot kleur. Hierdie betekenisse kan anders wees in verskil- lende kulture. ’n Kleur het gewoonlik twee teenoorgestelde betekenisse, bv. rooi is ’n simbool van gevaar en liefde, en groen is ’n simbool van nuwe lewe of agteruitgang.
VINCENT VAN GOGH, STARRY NIGHT, 1889. OLIE OP DOEK.