Egipte is die oudste samelewing in Afrika en ’n vorm van skrif is hier ontwikkel. Westerlinge het dit reggekry om Egiptiese hiërogliewe te ontsyfer nadat die Rosetta-steen in 1799 ontdek is. Die inskripsies op hierdie steen is in Egiptiese hiërogliewe, Egiptiese Demotiese skrif en Griekse skrif. Die laaste twee soorte skrif kon reeds deur Westerlinge ontsyfer word. Uiteindelik het ’n Fransman, Champollion, besef dat daar ’n verbinding was tussen hierdie geskriſte en die hiërogliewe. Egiptiese kultuur, sosiale strukture en godsdienstige oortuigings kon baie eenvoudiger verduidelik word deur die ontsyfering van hiërogliewe.
Die Rosetta-steen – die naam verwys na die dorp waar dit gevind is, en is van Rashid na Rosetta vertaal. Dit was nie die dorp van die steen se oorsprong nie, maar dit is van ’n koninklike stad daarheen geneem waar dit in ’n tempel gehou is. wat jy nou sien, is ’n fragment van die hele steen wat ’n stele, ’n gedenksteen, genoem word. Die inskripsies op hierdie stele is ’n kennisgewing wat in verskeie tempels geplaas is om priesters op hoogte te hou van sekere inligting. In hierdie kennisgewing, erken die priesters die koning, Ptolemy, se vrygewigheid. Hulle probeer wys dat die welvaart van Egipte van belang was vir die koning deur te verklaar dat hulle meer dae sou hê waarop die koning geëer sou word deur offerandes en feeste.
land se inwoners EGIPTE – KUNS VIR LEWE NA DIE DOOD
DIE SKRIF IN DIE BOONSTE REGISTER IS IN ANTIEKE EGIPTIESE HIËROGLIEWE; DIE TWEEDE IN EGIPTIESE DEMOTIESE SKRIF EN DIE DERDE IN ANTIEKE GRIEKS.
’n Voorbeeld van Antieke Egiptiese hiëroglifiese geskriſte. Hiërogliewe is deur Champollion beskryf. Hy het een van die woorde op die Rosetta-steen as volg ontsyfer:
“Dit is ’n ingewikkelde stelsel, figuratiewe, simboliese en fonetiese skrif wat saamgebruik word, in dieselfde teks, dieselfde frase, ek wil selfs sê dat al hierdie style in dieselfde woord gebruik word.”