Die Griekse oplewing het ontstaan toe selfesturende gemeenskappe gevorm is en die Venisiese alfabet aangepas is om die Griekse alfabet te vorm. Daar was ekonomiese en kulturele vooruitgang en ’n groei in die bevolking. Die Geometriese tydperk van ongeveer 900 tot 700 v.C. is die tydperk waartydens die Griekse kultuur uitgebrei het deur handel en kolonalisering. Godsdiens is gestig deur die stad-state (‘city-states’) deur die oprigting van tempels en heiligdomme wat aan verskillende gode toegewy is.
Gedurende die Argaïese tydperk wat gevolg het, het die welvaart van die mense toegeneem, maar as gevolg van politieke onrus het die stad-state ’n verskeidenheid van regerings gehad. Hulle is byvoorbeeld gelei deur individuele, klein groepies mense asook deur die meerderheid van die gemeenskap. Athene het begin ontwikkel as ’n politiese en finansiële sentrum. ’n Nouer inskakeling met die inwoners van ander stad-state het gelei tot ’n gevoel van nasionalisme omdat taal, geloof, geskiedenis, kultuur en sport gedeel is. Die geboorte van demokrasie in Athene het tot stabiliteit in die omgewing gelei en die totstandkoming van die Klassieke tydperk. In hierdie tydperk was Pericles die regeerder en kuns, literatuur en filosofie het ’n hoogtepunt bereik. Die politieke oorheersing van Athene is vernietig toe die Persiers, en later die Spartane, Athene binneval. Teen die einde van die Klassieke tydperk het Philip van Masedonie Athene verslaan en die res van Griekeland onder hom verenig. Na die sluipmoord op sy vader, het Alexander die Grote die Persiërs verslaan. Hy het die Griekse politiese mag en invloed laat geld oor ’n baie groot gebied wat Egipte en Indie ingesluit het. Na Alexander die Grote se dood was die Griekse ryk verdeel onder sy generaals. Hierdie tydperk staan bekend as die Hellenistiese tydperk. Alhoewel die politieke eenheid wat deur Alexander die Grote tot stand gebring is, nie aangehou het nie, het die invloed van ’n eenvormige ekonomiese sisteem en kultuur wel bly voortbestaan. Later het die groeiende Romeinse Ryk ook vir Griekeland en sy kultuur ingepalm.
ANTIEKE GRIEKSE TYDLYN
Neolitiese Tydperk - 6000-2900 v.C. Vroeë Bronstydperk - 2900-2000 v.C. Minoaanse Tydperk- 2000-1400 v.C. Myceneaanse Tydperk - 1600-1100 v.C. Die Donker Eeue - 1100-700 v.C. Geometriese Tydperk - 900-700 v.C. Argaïse Tydperk - 700-480 v.C. Klassieke Tydperk - 480-323 v.C. Hellenistiese Tydperk - 323-146 v.C. Laat Hellenistiese of Greco-Romeinse Tydperk - 146-30 v.C.