Die nedersetting van Groot Zimbabwe het ’n handelsnetwerk oor die plato na die kus gevorm. Chinese keramiekwerke, Indiese krale, Islamitiese glasware en Persiese pottebakkery is by die terrein opgegrawe wat bewys dat die Shona-mense ’n wye netwerk van handelsaktiwiteite in goud en ivoor gehad het tydens die Middeleeue in Europa. Dit wil voorkom of ’n ryk heersende klas ontwikkel het en hulle het blyplekke bo-op heuwels opgerig, omring deur dik, geboë mure. Soveel as 250 van sulke ruïnes waarna die plaaslike mense as “madzimbabwe” verwys, is ontdek.
Die grootste en bekendste van hierdie ruïnes word Groot Zimbabwe genoem. Die geboë mure en torings is gebou met graniet, ’n baie harde rots wat oral op die plato voorkom. Hierdie stene is gesny en gevorm om ’n droë steenkonstruksie te vorm, wat beteken dat hulle in plek gehou is deur rangskikking en gewig sonder die gebruik van pleister. Naby die bokant, is stene in hoeke geplaas om ’n visgraatpatroon te vorm.
DIE GEBOË MURE
Voëls het binne-in die nedersetting voorgekom. Hulle is gekerf uit groot, enkeldele grysgroenseep en is elkee ongeveer 30cm hoog. Simbole het ’n belangrike rol in die lewens van die stamme gespeel. Die Zimbabwe-voëls was klaarblyklik ’n simbool van die gesag van die koning of die leier. Die liggaam van die voël is soortgelyk aan die van ’n arend, maar dit het mensagtige ledemate met tone en nie kloue nie. Daar word geglo dat voëls die voorvaders verteenwoordig omdat hulle vlieg en die boodskappers vir die geeste kan wees. Op die voetstuk van die standbeeld is daar ’n reliëfvorm van ’n krokodil, ’n simbool van adellikheid.
LUGBEELD VAN RUÏNES
DIE AGT UITGEKERFDE STEENMONOLIETE VAN DIE ZIMBABWE-VOËLS