THDIE OPSTANDING VAN LASARUS, LAAT 3DE EEU, VERF OP PLASTER.
Hierdie skilery van die graf van St Peter en St Marcellinus beeld die toneel op n baie eenvoudige wyse uit.
Drie jeugdiges in ’n oond. Die muurskildery dateer uit die middel van die 3de eeu en is van die Graf van St Priscilla. Die drie jong mans is in die vuur gegooi deur Nebukadneser en is van die dood gered deur ’n engel se optrede. Tonele soos hierdie is in graſte uitgebeeld as ’n pleidooi vir redding.
Hierdie muurskildery beeld ’n Orans uit – ’n vrou met haar arms opgelig in gebed. Sy word omring deur ’n aardse paradys met twee skaapwagters aan die kante, een wat ’n skaap melk en die ander een wat ’n wegloperskaap terugbring; onder die waaksame oog van ’n hond. Onderaan die muurskildery is die ‘loculi’